Universiteit van Pretoria en vennote stel boek vry oor weerstand teen middels wat gebruik word om MIV en tuberkulose te bekamp


Weerstand teen medikasie is een van die belangrikste struikelblokke wat programme om MIV en tuberkulose in Afrika te bestry te bowe moet kom. Om hierdie uitdagings die hoof te bied, word 'n begrip vereis van hoe weerstand teen die middels tot stand kom, sowel as vertroudheid met die jongste metodes om weerstand teen die medikasie in MIV- en tuberkulosepasiente te diagnoseer en bestuur.

Dit is teen die agtergrond dat die Universiteit van Pretoria, in samewerking met die Universiteit van KwaZulu-Natal, die Mediese Navorsingsraad (MNR), die Afvaardiging van die Europese Unie aan die Republiek van Suid-Afrika en die Afrika-sentrum vir Gesondheid- en Bevolkingstudies, HIV and TB drug resistance and clinical management case book vrygestel het.

Die boek gebruik onderrigbenadering wat berus op die aanwending van gevallestudies ten einde gesondheidswerkers van die belangrikste inligting te voorsien wat hulle nodig het om die beste pasientesorg te verseker en om hul programme te verbeter ten einde die voorkoms en verspreiding te voorkom van weerstand teen middels wat gebruik word om MIV en tuberkulose te bekamp. Die klem in die boek is op die vertolking van diagnostiese toetse vir weerstand teen medikasie.

Die boek help gesondheidwerkers om:

te leer hoe weerstand teen middels in die MIV-virus en Mycobacterium tuberculosis ontwikkel;

te begryp wanneer om te vermoed dat weerstand teen middels voorgekom het, en watter diagnostiese toetse aangewend kan word om die vermoede te bevestig;

die jongste inligting te bekom oor hoe om toetse vir genotipeweerstand vir MIV en nuwe diagnostiese toetse vir tuberkulose, met inbegrip van Xpert Mtuberkulose/RIF, te vertolk; en

kennis te verkry oor hoe om die gepaste tweede-linie behandelingsprotokolle vir MIV en tuberkulose te kies en hoe om omvattende sorg te bied aan pasiente wat ly aan MIV en tuberkulose en wat weerstand teen middels ontwikkel het.

Die boek word deur die MNR uitgegee en ook gedeeltelik befonds. Dit word ook befonds deur bewilligings van die Afvaardiging van die Europese Unie aan die Republiek van Suid-Afrika, die Centers for Disease Control and Prevention (CDC)/United States President's Emergency Plan for Aids Relief (PEPFAR) en die Wellcome-stigting. Dit word uitgegee onderhewig aan outeursreglisensie wat ope toegang verleen. Ongeveer 2 000 eksemplare van die boek word aan gesondheidsinrigtings en personeel in Suid-Afrika gestuur.

Die boek maak deel uit van die gevestigde kapasiteitsbouprogram van die Southern African Treatment and Resistance Network (SATuRN), wat reeds 1 650 klinici, verpleers en apteekkundiges in Suider-Afrika opgelei het deur die aanbieding van werksessies vir kapasiteitbou. Voor die vrystelling van die boek is werksessie vir 50 klinici en verpleers aangebied, wat in die voorste linie in die distrik uMkhanyakude werk een van die mees agtergeblewe distrikte in Suid-Afrika wat gelee is op middelpunt van die MIV- en tuberkulosesindemie in Suid-Afrika en waar besonder hoe vlakke van weerstand teen tuberkulosemiddels voorkom.

Dr Theresa Rossouw, mede-outeur van die boek en MIV-klinikus en Navorser in die Departement Immunologie aan die Universiteit van Pretoria, se dat die gevalle wat in die boek behandel word, die vrug is van jare lange ondervinding met die behandeling van pasiente met infeksies wat bestandheid teen die middels wat gebruik word ontwikkel het, en die opleiding van junior klinici. Sy se voorts dat die gevalle wat aangebied word, aandag skenk aan talle belangrike aspekte van die bestuur van pasiente wat nie op behandeling met ARV's en tuberkulosemedikasie reageer nie, en sy verduidelik dat die doel van die boek is om gesondheidswerkers bewus te maak van die moontlikhede wat gebied word deur die ontwikkeling van groter bewustheid van medikasieweerstand en deur te verduidelik hoe die weerstand ontstaan en hoe dit voorkom kan word en hoe die gevolge van medikasie-weerstand beperk kan word sodat dit nie erger word by pasiente wat dit reeds opgedoen het nie.

Dr Tulio de Oliveira, mede-outeur van die boek en Direkteur van SATuRN en Senior Navorser verbonde aan die Afrika-sentrum vir Gesondheid- en Bevolkingstudies, se dat die boek se verskyning plaasvind in baie belangrike tyd, aangesien die Nasionale Departement van Gesondheid die toetsing vir tuberkuloseweerstand teen middels uitgebrei het na die meeste van die tuberkulosefasiliteite in Suid-Afrika en beplan om dieselfde te doen vir die toetsing vir MIV-weerstand. Nog mede-outeur, dr Richard Lessells, ook Navorser verbonde aan die Afrika-sentrum vir Gesondheid- en Bevolkingstudies, het verduidelik dat die boek gesondheidswerkers sal help om te begryp waarom die gebruik van ARV-middels om MIV-pasiente te behandel soms misluk veral as gevolg van probleme om te volhard met die korrekte gebruik van die middels. Hy voeg by dat die boek ook gesondheidswerkers sal help wat aan baie pasiente moet aandag skenk en wat dikwels nie die geleentheid het om hul kennis verder uit te brei nie. Die boeke sal laasgenoemde help om kers op te steek by gevalle waarmee hulle dalk nie voorheen bekend was nie.

Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria, prof Cheryl de la Rey, het haar waardering uitgespreek nie alleen teenoor die outeurs van die boek nie, maar ook ten opsigte van die beginsel van vennootskap met die Universiteit van KwaZulu-Natal. Sy is sterk voorstander van vennootskappe tussen Suid-Afrikaanse universiteite wat, soos sy dit stel, die bydrae van die akademiese waardeproposisie aan die land en vasteland sal versterk.

Prof Eric Buch, Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, het die Rektor se siening beaam en bygevoeg dat die samewerking tussen die twee universiteite leemte vul in die bekamping van die MIV/Vigs- en tuberkulose-epidemies. Die volgende dekade gaan, aldus hom, dekade van weerstand teen beskikbare medikasie wees en, tensy die uitdaging daarvan effektief die hoof gebied word, sal daar hernude opwelling van die MIV/Vigs- en tuberkulose-epidemies wees wat al die vordering wat daar op die gebied van openbare gesondheid gemaak is met die bekamping daarvan, sal negeer.

Prof Buch het ten slotte opgemerk dat die boek baanbrekerswerk doen en die weg vorentoe aandui vir gesondheidsorg van gehalte vir pasiente wat weerstand ontwikkel het teen MIV- en tuberkulosemiddels en sal help om te verseker dat pasiente die regte behandeling ontvang. Verlaging van die infeksievlakke sal nie alleen tot voordeel van pasiente wees nie, maar ook van die samelewing as geheel.

The HIV & TB Drug Resistance Clinical Management Case Book is free for download at our website

News date: 2013-03-15

Links:

http://web.up.ac.za/download.asp?ipkMediaReleaseID=556&file=2

Publication cited

RegaDB: Community-driven data management and analysis for infectious diseases. Libin P, Beheydt G, Deforche K, Imbrechts S, Ferreira F, Van Laethem K, Theys K, Carvalho AP, Cavaco Silva J, Lapadula G, Torti P, Assel M, Wesner S, Snoeck J, Ruelle J, De Bel A, Lacor P, De Munter P, Van Wijngaerden E, Zazzi M, Kaiser R, Ayouba A, Peeters M, de Oliveira T, Alcantara L, Grossman Z, Sloot P, Otelea D, Paraschiv S, Boucher C, Camacho R, and Vandamme AM, Bioinformatics (2013), 29 (11):1477-1480, doi: 10.1093/bioinformatics/btst162 .


KRISP has been created by the coordinated effort of the University of KwaZulu-Natal (UKZN), the Technology Innovation Agency (TIA) and the South African Medical Research Countil (SAMRC).


Location: K-RITH Tower Building
Nelson R Mandela School of Medicine, UKZN
719 Umbilo Road, Durban, South Africa.
Director: Prof. Tulio de Oliveira